Sport

Laerskool Krugersdorp-Noord is ‘n uitstaande skool wat op sportgebied jaarliks met die meeste van die trofeë en toekennings, wat in die Gauteng- Wes streek aangebied word, weg-stap. Alhoewel ‘wen’ belangrik is word daar gefokus op deelname en is ons een van die weinige skole in die distrik wat ook B-spanne in al ons sportsoorte toelaat om deel te neem. Toegewyde afrigters verseker dat beide die seuns- en dogterssport kwaliteit afrigting ontvang. Die skool beskik ook oor spreiligte wat dit moontlik maak om gereeld in die aand wedstryde aan te bied. Erkenning word aan leerders wat op sportgebied presteer gegee deur balkies wat op hul skooldrag vasgewerk word. Die skool beskik oor al die nodige toerusting en geriewe om elke sportsoort na sy volle reg te laat kom. Die volgende sportsoorte word aangebied:

Die volgende sportsoorte word aangebied:

Juniors: Welpie-rugby, mini-netbal, mini-krieket, mini-hokkie en perdry.
Seniors: Atletiek, netbal, rugby, hokkie, krieket, landloop, skaak, swem, perdryen tennis.

Atletiek

Noordskool het behoorlik presteer tydens die Kampioenskappe.

Die volgende atlete het Gautengwesspan behaal tydens die D2 Kampioenskappe. Baie geluk aan elke atleet wat so goed presteer. Die atlete neem deel tydens die Gauteng byeenkoms wat plaasvind op 3-4 Maart.

JJ Basson

Naellope (80 m) – 1 ste plek

Tera-Leigh Coetzer

Naellope (80 m – 1 ste plek, 100 m – 2 de plek)
Verspring – 2 de plek

George Waldick

Langafstande (1200 m) – 1 ste plek

Chanel Genis

Langafstande (1200 m) – 1 ste plek
Spiesgooi – 2 de plek

Jade Niemand

Hoogspring – 2 de plek
Spiesgooi – 3 de plek

Chane de Jager

150 m Hekkies, 75 m Hekkies – albei 1 ste plek

Eduan Liebenberg

150 m Hekkies – 1 ste plek
Verspring – 5 de plek

Miguel Correia do Ribbeiro

Gewigstoot – 2 de plek

Zahne van den Berg

Gewigstoot – 1 ste plek

Katlego Zwane

Verspring – 2 de plek

Kaitlin Zinn

Verspring – 1 ste plek

Ander uitslae van D2 Kampioenskappe
Corné Botha

Gewigstoot – 4 de plek

Andre Groenewald

Gewigstoot – 4 de plek