Boodskap van die hoofdogter
Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om as hoofdogter van Laerskool Krugersdorp Noord vir
2023 te dien.
Spreuke 16:3 leer vir ons die volgende:
“Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag’
Van graad 1 af het ek daarvan gedroom om eendag die hoofdogter te word van so ‘n
merkwaardige skool soos Laerskool Krugersdorp Noord. Ek het deur die jare hard gewerk
om hierdie doelwit te bereik en my droom te verwesenlik. Ek het alles te danke aan ons
Hemelse Vader.
Ek is opreg dankbaar vir die leiding en voorbeeld wat my ouers, onderwysers en medeleerders my gegee het en dat hulle my help vorm het tot die persoon wat ek vandag is.
Ek besef dat die amp van hoofdogter ‘n eer, maar terselfdertyd ook ʼn groot verantwoordelikheid is.
Ek belowe plegtig om na die beste van my vermoë ‘n ware leier te wees wat voor loop en
‘n navolgenswaardige voorbeeld te stel vir dié wat volg. Op hierdie wyse wil ek ons
besondere skool se naam hoog hou.
Ek is opgewonde om die pad te stap saam met my mede-leiers en as ‘n span groot hoogtes in
2023 te bereik.
My boodskap aan al die leerlinge van Laerskool Krugersdorp Noord is om nooit op te hou
droom nie. Geen droom is te groot of te klein nie, maar ʼn mens moet altyd besef dat dit harde
werk en toewyding verg om drome te verwesenlik, met die genade van Bo. My toekomswens
is dat elke Norie leerder hulle vlerke soos arende sal sprei en hulle drome sal volg in ‘n skool
wat geleenthede bied om te droom en uit te styg.
Ek wens al ons Norie-gesinne ñ geseënde feesseisoen toe. Veilig reis en maak gereed vir ‘n
vreugdevolle en opwindende 2023!