Ons geskiedenis2022-12-13T14:23:55+00:00

Ons geskiedenis

Laerskool Krugersdorp-Noord is al reeds sedert 1919 deel van die Krugersdorpse gemeenskap. Ons is ‘n Afrikaanse skool wat Christelike beginsels, waardes en norme navolg. Ons is ten volle verbind tot die verskaffing van dinamiese Christelike- en moedertaalonderrig van uitnemende kwaliteit aan ons kinders binne ons gemeenskap. Ons tree op in venootskap met ons ouers deur middel van kostedoeltreffende benutting van alle hulpbronne en selfverwesenliking van al ons personeel.

Dit is vir ons ‘n uitdaging om ons kinders die vaardighede aan te leer om die potensiaal in geleenthede raak te sien. Ons bied die geleentheid vir elke kind om sy/haar talente te ontwikkel, maar ook om kernwaardes te vorm.

By Laerskool Krugersdorp-Noord is elke kind vir ons belangrik en ontwikkel ons die kind se volle menswees. Akademie bly vir ons baie belangrik en daarom ondergaan personeel deurlopend opleiding om hulle kennis verder uit te brei. Ons het ‘n personeelkorps wat met passie en genot hul roeping elke dag uitleef.

Van die belangrikste aspekte by ons skool is dat ons bevoorreg is om sekerlik die mees gelukkige leerders en ‘n betrokke ouergemeenskap besit.

Ons nooi u graag om deel te word van Laerskool Krugersdorp-Noord.

August 2016

1919 tot 1927

Om nege uur op 7 Oktober 1919 open Laerskool Krugersdorp-Noord sy deure met 23 leerlinge, drie onderwyseresse, die hoof, mev. A Lowden en me. McClelland. Almal het op die trappies bymekaargekom en die opening van die skool het sonder formaliteit plaasgevind.

Lees meer

1928 tot 1962

Mnr. Gert Petrus Visser was die eerste skoolhoof van Laerskool Krugersdorp-Noord. Sy merkwaardige lewensfilosofie en energie word nou nog deur oud-leerlinge en kennisse onthou. Hy is 'n rolmodel vir vele en ons kan met trots opkyk na 'n persoon wat ongelooflik baie vir die onderwys en opvoeding beteken het.

Lees meer

1963 tot 1971

Mnr. LJ Bouwer is in Januarie 1963 as skoolhoof aangestel. Op 1 Maart 1963 is sy verwelkomingsfunksie bygewoon deur die destydse LPR, mnr.JC Maree. Die skool was toe 'n dubbelmedium-skool met 615 leerders. Leerdergetalle het 'n positiewe groei getoon sodat dit in 1969 667 leerders was.

Lees meer

1972 tot 1983

Mnr. DT Luitingh aanvaar die hoofpos in Julie 1971 en begin by die skool met 'n leerdertal van 650. Die skool was op hierdie stadium 'n dubbelmedium-skool. Die leerdertal aan die einde van 1971 was: Afrikaansmedium 498, Engelsmedium 165 en die totaal was 654.

Lees meer

1984 tot 1993

Mnr. Gerrie van Rooyen was vanaf 1982 as adjunkhoof deel van Noordskool. Na Mnr. Luitingh se dood begin hy in Desember 1983 waarneem as hoof, en word die permanente hoof op 1 Augustus 1984. Vir elf jaar was die skool deel van die Van Rooyen-gesin se vreugdes en strewes.

Lees meer

1994 tot 1999

Op 19 April 1993 begin Mnr. Andries Kruger sy ampstermyn as hoof van Laerskool Krugersdorp-Noord. Hy het sy studentejare by Goudstad Onderwyskollege voltooi en verwerf sy B Ed asook sy M Ed by die Randse Afrikaanse Universiteit.

Lees meer

2000 tot 2011

Mnr. Groenewald het in 1985 by Laerskool Krugersdorp-Noord begin as Adjunk-Hoof. Daarna is hy weg by Noordskool, maar het in 2000 weer teruggekeer en hierdie keer as die Hoof van die skool met 820 leerders.

Lees meer
Go to Top