Boodskap van die hoofseun

Dit is vandag met ‘n onsettende dankbare hart wat ek terugdink aan Januarie 2023 toe ek en my kleinboet Kian by L/S Krugersdorp-Noord begin het. Vanaf die eerste week in ons nuwe skool het ons, ons ouers gevra hoekom hulle ons nie al lank reeds terug in Noodskool gesit het nie. Graag bedank ek Meneer Charles , personeellede, terreinpersoneel, mede-skoliere, personeel van die koffiewinkel én snoepwinkel vir die hulp en bystand om die transformasie van ‘n plaasskool waarvoor ons baie lief was, na ons Nuwe skool, so te vergemaklik . Ons het dadelik deel van die Noordskool-familie gevoel en beaam ek graag wat Jayden Momberg, hoofseun van 2024 gesê het in sy skrywe van verlede jaar, dat my hart verseker ook groen en blou klop !
Dis ‘n titaniese voorreg vir my om in 2025 te dien as L/S Krugersdorp-Noord se Hoofseun. Baie dankie vir die vertroue wat julle in my het om hierdie massiewe taak te verrig. Ek beloof om ons skool te dien en te eer in alles wat ek aanpak en ons skool se leuse, werk en wen, elke dag uit te leef! My strewe is om as ‘n span saam met my mede hoofleiers en leiers L/S Krugersdorp-Noord na nuwe hoogtes te lei. As ons saamwerk en saamstaan kan ons ‘n positiewe verskil maak.

Dit is vir my so lekker om die Hoofleiers, leierskorps en Graad 7-leerders van 2024 te groet met die belofte uit Jeremia 29:11 “Ek weet wat ek vir julle beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.”
Mag God se belofte vir jou rustigheid gee oor die nuwe avontuur wat jou vergesel in 2025! Gaan trap diep spore by jou nuwe skool in die wete dat ‘n blink toekoms wink as jy hard werk en God saam met jou neem op jou reis. Noordskool gaan julle voorwaar mis!
Ons sien sommer baie daarna uit om die Graad 1’s en nuwe leerlinge vir 2025 te ontvang. Geluk met jou keuse! Mag julle, net soos ek, dadelik deel van die familie voel. Onthou dat ek en my mede-leiers hier is om julle te dien en is ons altyd daar om van hulp te wees.
Na ‘n baie besige en suksevolle jaar is dit my voorreg om elkeen in die Noordskool familie ‘n wonderlike vakansie en Christusfees toe te wens. Mag julle God se vrede, liefde en genade opnuut ervaar terwyl julle die batterye herlaai vir 2025!
Groete en seën

Janko Bekker

Cool Ideas Logo 2021 web