Gedragskode en dissiplinêre stelsel
Ek, die leerder, besef dat onderlinge samewerking tussen myself en die ander persone wat by my opvoeding en onderwys betrokke is, alleenlik suksesvol kan wees as alle partye ooreenkom oor die nastrewing van waardes en beginsels. Die waardes wat deur my nagestreef word, word vergestalt in die erekode hieronder uiteengesit:
-
Menseregte
Terwyl ek daarvan bewus is dat ek oor sekere regte beskik in terme van die Grondwet, erken ek dat ander mense soortgelyke regte het en respekteer ek hierdie regte. Ek erken veral die menswardigheid en gelykheid van alle mense en onderneem om my regte so uit te oefen dat ander mense nie deur my optrede benadeel word nie.
-
Respek vir my onderwysers
Ek respekteer onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige samewerking in alle redelike opdragte wat ek van opvoeders mag ontvang. Ek respekteer die opvoeders as volwassenes en erken dat hul opleiding en ervaring my tot voordeel kan strek. Daarom onderneem ek om my volle samewerking aan opvoeders te gee en altyd hoflik teenoor hulle op te tree.
-
Respek vir nie-onderwyspersoneel en besoekers
Die bydraes tot die gladde verloop van die skoolorganisasie deur administratiewe personeel en terreinwerkers word hoog aangeslaan, daarom sal ek teenoor hierdie personeel met agting en respek optree. Besoekers aan die skool, soos Distrik-Onderwyskoördineerders, besigheidsmense en ouers, dra ons skool se welsyn op die hart en sal met respek en met hoflikheid bygestaan word waar nodig.Die volgende wette en regulasies dien as basis waarop die gedragskode gebasseer is:Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996.
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 108 van 1996.
Gauteng Skolewet.
Algemene kennisgewing 937 van 1998, GDO. -
Respek vir die omgewing en skoolfasiliteite
Die natuurlike omgewing is ‘n geskenk van God en ek aanvaar die opdrag en gesamentlike verantwoordelikheid vir die bewaring daarvan. Ek waardeer die skoolgeboue, klaskamerinhoude en ander fisiese geriewe wat vir my gebruik beskikbaar gestel is. Ek onderneem om op ‘n verantwoordelike wyse daarvan gebruik te maak en vir sover dit binne my vermoë is, ‘n bydrae tot die instandhouding daarvan te lewer, insluitend om my ouers aan te moedig om skoolgeld te betaal en aktiwiteite te ondersteun ter uitbreiding van die fisiese fasiliteite.
-
Voorkoms
Uniforme skooldrag dra by tot eenheid van sin en strewe. Die skoolwapen versinnebeeld die gesamentlike strewe van leerders, ouers en personeel. Omdat die skooluniform en gepaardgaande voorkomsreëls tradisionele waardes van die skool en gemeenskap verteenwoordig, sal ek die skooldrag met trots dra en die voorskrifte van persoonlike voorkoms wat die skooldrag komplimenteer, nakom.
-
Veiligheid
Ter wille van my eie veiligheid sal ek gebruiksvoorskrifte vir laboratoriums nakom en klaskamerreëls wat op leerderveiligheid gemik is, eerbiedig. Tydens klaswisseling, op die skoolterrein, met uitstappies en op die sportveld sal ek poog om deur my optrede nie my eie of ander persone se veiligheid in gevaar te stel nie.
-
Reëls
Reëls het ten doel om:
- ‘n positiewe leeromgewing te skep en instand te hou
- aanvaarbare gedrag sowel as onaanvaarbare gedrag uit te spel
- opvoedkundige doelwitte te bevorder.
Reëls wat aanvaarbare gedrag uitspel
- 7.1 Skoolbywoning
- Leerder woon die skool gereeld en getrou by.
- Na afwesigheid moet die ouers die skool van die rede voorsien, of ‘n mediese sertifikaat ingehandig word.
- 7.2 Daaglikse program
- Die skool begin om 07:30 vir alle leerders en verdaag as volg: Gr.1, 2 en 3 om 13:00. Die res van die skool verdaag om 13:30. Op Vrydae verdaag almal om 13:00.
- Wisseling tussen periodes en met pouses vinnig en ordelik.
- Tydens onderrig is leerders in ‘n onderrigsituasie betrokke.
- 7.3 Algemene optrede
- Geen bakleiery, afknouery, intimidasie of afdreiging mag plaasvind nie.
- Geen onwelvoeglike taal of gedrag word toegelaat nie.
- Geen ruiltransaksies by die skool word toegelaat nie. (Behalwe entrepreneurs by tafels tydens entrepreneursdae).
- 7.4 Voorkoms
- Leerders moet netjies, skoon en higiënies wees.
- Skooldrag is verpligtend.
- Geen juwele word gedra nie (een goue of silwer oorkrabbertjie per oor en een seëlring vir dogters uitgesluit).
- Hare word gesny en gekam in ‘n styl soos deur skool aanvaar word. Geen gekleurde hare of “undercut” nie.
- Dogters: Slegs groen, blou of wit haarversiersels. Knippies: silwer of goud.
- 7.5 In die klaskamer
- Alle opdragte van die onderwyser moet noukeurig uitgevoer word.
- Die voorgeskrewe skryfbehoeftes en ander media moet beskikbaar wees.
- Netheid en getrouheid in afhandeling van take is ‘n vereiste.
- Aanvaarbare houding en gedrag teenoor onderwysers en mede-leerders is ‘n vereiste.
- Geen vandalisme mag plaasvind nie.
- Onderriglokaal mag slegs verlaat word met toestemming van die onderwyser.
- 7.6 Verlating van terrein gedurende skoolure
Niemand mag die terrein sonder verlof van die kantoor gedurende skoolure verlaat nie.
‘n Leerder wat die terrein gedurende skoolure verlaat moet ‘n brief van sy ouers by die kantoor inhandig waarin ‘n rede vir die versoek verstrek word. Die ouers moet die leerders by die algemene kantoor afhaal. - 7.7 Besering of siekte tydens skoolure
- Enige besering of siekte moet by die kantoor gerapporteer word.
- Die skool sal eerste-/noodhulp verleen.
- Die ouers sal gekontak word en hulle sal versorging oorneem.
- Indien ouers nie gekontak kan word nie sal die skool professionele mediese hulp reël.
- Hierdie rekening is vir die ouers.
-
Strafstelsel ~ Arendsoog
By Noordskool poog ons om elke kind tot sy volle potensiaal te ontwikkel, dit is dus ook belangrik dat elke Norie hom/haar onderwerp aan Laerskool Krugersdorp-Noord se Arendsoogstelsel (dissiplinêre stelsel). Hier volg ‘n kort verduideliking van die stelsel:
– Die Arendsoogsiklus duur 4-5 weke.
– Indien ‘n leerder geen vlak 1-inskrywing ontvang het nie kry die leerder een goue kol op die spogkaart.
– Indien ‘n leerder geen vlak 2-inskrywing ontvang het nie, kry die leerder twee goue kolle op die spogkaart. ‘n Leerder verdien dus ‘n maksimum van drie goue kolle per siklus.
– Indien ‘n leerder ‘n vlak 3, 4 of 5-inskrywing ontvang het, is die leerder outomaties van die stelsel af vir die res van die jaar.
– Aan die einde van elke siklus sal daar ‘n detensie-klas wees die daarop volgende Vrydag na afsluiting. (Aangedui op kwartaalprogram).
– Trotse Norie knopies word aan die einde van elke siklus uitgedeel, indien die leerder drie goue kolle ontvang het in die spesifieke siklus.
– Gr.6-leerders: Indien ‘n gr.6-leerder sewe of meer inskrywings in die jaar het of ‘n vlak 3, 4 of 5-inskrywing, mag die leerder nie aansoek doen om as leier te staan vir die volgende jaar nie.
– Gr.7-leerders: Indien ‘n gr.7-leerder sewe of meer inskrywings vir die jaar het of ‘n vlak 3, 4 of 5-inskrywing, mag die leerder nie die Hartenbostoer bywoon nie.
– Leiers: Indien ‘n leier vyf of meer inskrywings vir die jaar het of ‘n vlak 3 ,4 of 5 inskrywing word die leier vanaf die leierraad geskors.
– Indien die Trotse Norie knopie beskadig raak of verlore raak, sal ‘n bedrag van R30 gehef word vir ‘n nuwe knopie.
– Om leerders ‘n geleentheid te gee om foute reg te stel, kan personeel aansoek doen vir ekstra goue kolle by die departementshoofde vir opvoedkundige leiding. Personeel moet spesifiseer waarom die leerder hierdie goue kolle sou verdien bv. vir deurlopende behulpsaamheid, uitmuntende gedrag ens. ‘n Leerder kwalifiseer egter net vir drie goue kolle per jaar.
– Leerders met geen inskrywings vir die jaar nie of wat die maksimum hoeveelheid goue kolle vir die jaar verdien het, ontvang aan die einde van die jaar tydens die Erkenningsfunksie ‘n “Super Arend” balkie.
– ‘n Nuwe leerder moet ten minste driekwart van die siklusse voltooi het, om in aanmerking vir die “Super Arend”-balkie te kom. Die vlakke van oortredings as as volg:
Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Versuim om betyds in klas te wees. Frekwente herhaling van Vlak 1-gedrag. Frekwente herhaling van Vlak 2-gedrag. Laatkom vir skool. Versuim om huiswerk te doen. Toediening van geringe besering aan ‘n ander persoon. Wegbly uit klas. Skool verlaat sonder toestemming. Dobbelary. Traagheid met klaswisseling. Stokkiesdraai. Uiters ontwrigtende optrede in die klasse. Vergeet van boeke en skrifte. Gebruik van skeltaal. Vervalsing van dokumente of handtekeninge met geringe gevolge. Versuim om boeke en toetse te laat teken. Ontwrigting van onderrig in die klaskamer. Rassistiese, seksistiese of ander diskriminerende optrede. Kou van kougom of eet in klas. Handtekening van selfoon of ander elektroniese speelgoed in lestyd. Vryery of skoolterrein / met skooldrag in die openbaar. Versuim om op redelike opdragte te reageer. Vertoon van minagting teenoor ander persoon. Besit & verspreiding van pornografiese, rassistiese of seksistiese materiaal. Oneerlikheid met geringe vevolge. Pleging van geringe vandalisme soos graffiti of krap op banke. Besit van gevaarlike wapens. Oneerlikheid met ernstiger gevolge. Vandalisme. Oortreding van skooldrag- en netheidsreëls. Oneerlikheid tydens eksamens. Vlak 4 Vlak 5 Herhaling van Vlak 3-gedrag Herhaling van Vlak 4-gedrag. Gebruik van ‘n gevaarlike wapen om iemand anders te dreig. Opset tot ernstige fisiese besering aan ‘n ander persoon. Doelbewuste dog geringe be-sering aan ‘n ander persoon. Opsetlike gebruik van ‘n gevaarlike wapen. Onderlinge dreigement t.o.v. veiligheid van ‘n ander persoon. Seksuele teistering. Afknouery en intimidasie. Seksuele mishandeling en verkragtig. Betrokkendheid by seksuele aktiwiteite. Ernstige diefstal. Besit of gebruik van dwelmmiddels en/of alkohol. Inbraak en toegang tot geslote perseel. Verkoop van dwelmmiddels. Moord Diefstal. Ontwrigting van hele skool.(Bv. boikot of betoging sonder toestemming). Vervalsing van dokumente of handtekeninge met ernstige gevolge. Rook of besit van tabak, sigarette/elektroniese sigarette. Sosiale media teistering. Stokkiesdraai D.m.v. hierdie stelsel poog ons om dissipline te handhaaf asook leerders aan te moedig om te werk vir ‘n positiewe beloning waarop hul trots kan wees.