Rekenaarsentrum
Hier raak ons juniors vertroud met ‘n rekenaar en doen rekenaarvaardigheid in die vorm van rekenaarspeletjies. Ons tel, bou, pas by mekaar, voltooi legkaarte en verf. Elke leerder werk een keer per week by sy eie rekenaar vir ‘n 30 minute periode.
Die seniors volg ‘n tikprogram om hulle tikvaardighede op te skerp. Microsoft Word, Excel, Power Point en Paint word ook gedurende die jaar gedoen.