Sport

Laerskool Krugersdorp-Noord is ‘n uitstaande skool wat op sportgebied jaarliks met die meeste van die trofeë en toekennings, wat in die Gauteng- Wes streek aangebied word, weg-stap. Alhoewel ‘wen’ belangrik is word daar gefokus op deelname en is ons een van die weinige skole in die distrik wat ook B-spanne in al ons sportsoorte toelaat om deel te neem. Toegewyde afrigters verseker dat beide die seuns- en dogterssport kwaliteit afrigting ontvang. Die skool beskik ook oor spreiligte wat dit moontlik maak om gereeld in die aand wedstryde aan te bied. Erkenning word aan leerders wat op sportgebied presteer gegee deur balkies wat op hul skooldrag vasgewerk word. Die skool beskik oor al die nodige toerusting en geriewe om elke sportsoort na sy volle reg te laat kom. Die volgende sportsoorte word aangebied:

Die volgende sportsoorte word aangebied:

Juniors: Welpie-rugby, mini-netbal, mini-krieket, mini-hokkie en perdry.
Seniors: Atletiek, netbal, rugby, hokkie, krieket, landloop, skaak, swem, perdry en tennis.