Meer oor Norienes
Ons skool is so beplan en toegerus dat die buite- en binneterrein mekaar perfek aanvul, sodat elke kleuter optimaal kan meedoen aan speel en leerhandelinge om kennis en vaardighede asook die nodige tegnieke te bemeester waaroor hulle moet beskik.
Daar is tans ongeveer 140 kleuters wat daagliks by ons skool gaan. Die kleuterskool bestaan uit die volgende klasse:
- 2x Graad RRR (3-4 jaar) Klasse
- 2x Graad RR (4-5 jaar) Klasse
- 3x Graad R (5-6 jaar) Klasse
Dagprogram
Ons dagprogram maak genoeg voorsiening vir goeie afwisseling tussen rustyd, kringtyd en verskillende handaktiwiteite tydens vryspel. Afwisseling van dag tot dag help om eentonigheid te voorkom. Met ons hoë standaard, aanbieding en beplanning poog ons personeel om altyd die dagprogram vars en sprankelend te hou.
Norienes kleuterskool is oop vanaf 06:30 tot 18:00. Ons is oop gedurende vakansies, maar is gesluit vir publieke vakansiedae en die Desembervakansie.