Veiligheid

Die veiligheid van ons leerders is van uiterste belang vir die skool. ‘n Sekuriteitswag beman daagliks vanaf 06:00 die hoofhek van die skool tot en met 15:00 waarna die persoon oorskuif na die naskoolhek om daar toegangsbeheer uit te oefen tot en met 18:00. Alle hekke van die skool is gedurende skooltyd gesluit. Alle leerders wat gedurende skooltyd gehaal word, word by ontvangs uitgeteken. Daar word daagliks register geneem, speel-gronddiens word elke pouse deur personeel en die leierkorps van die skool gedoen. Die terrein word daagliks geïnspekteer om seker te maak dat die leerders nie aan gevaarlike situasies blootgestel word nie.

Alle voertuie word jaarliks aan padwaardigheidstoetse onderwerp en geen persoon word toegelaat om ‘n voertuig te bestuur sonder die nodige professionele bestuurslisensies nie. Die skool word in geheel jaarliks aan beroepsveiligheids-toetse onderwerp om te verseker dat die nodige veiligheidsstandaarde gehandhaaf word. Daar is ook ‘n noodplan wat gereeld ingeoefen word om te verseker dat almal presies sal weet wat om te doen in die geval van ‘n noodsituasie.