Skooldrag
Somersdrag
Informeel
Seuns
Grys kortbroek met blou skool-gholfhemp met skoolsweetpaktop / skooltrui of dri-mac vir reënerige dae.
Dogters
Geruite skoolromp, ski-pants kan onder gedra word (bottelgroen). Skool-gholfhemp met skoolsweetpak /skooltrui of bottelgroen dri-mac vir reënerige dae.
Formeel
Seuns
Grys kortbroek, wit skoolhemp met das (oortrektrui / trui is nie verpligtend). Grys skoolkouse en swart skoene. ‘n skoolbaadjie kan hierby gedra word.
Dogters
Geruite skoolromp, ski-pants kan onder gedra word (bottelgroen). Wit oopslaan skoolhemp moet met ‘n oortrektrui / trui gedra word (das is nie verpligtend). Navy enkelsokkies en swart skoene. Skoolbaadjie (Blazer) kan hierby gedra word.
Wintersdrag
Informeel
Seuns
Skoolsweetpak met ‘n skool-gholfhemp of skool wintershempie. Sporttekkies word hierby gedra. (Sien voorskrifte vir tekkies hieronder).
Dogters
Skoolsweetpak met ‘n blou gholfhemp of skoolwintershempie. Sporttekkies word hierby gedra.
Formeel
Seuns
Grys Langbroek, wit langmou skoolhemp met das (oortrektrui / trui) is nie verpligtend). Grys skoolkouse en swart skoene. ‘n skoolbaadjie kan hierby gedra word.
Dogters
Navy langbroek, wit langmou skoolhemp moet met ‘n oortrektrui / trui gedra word (das is nie verpligtend nie). Navy enkelsokkies en swart skoene. ‘n Skoolbaadjie kan hierby gedra word.
Algemeen
Vrydag-drag
Vrydaghempies
Die vrydaghempie is nie verpligtend nie. Indien ‘n leerders nie Vrydag hempie aantrek nie geld die reëls vir informele skooldrag. Leerders mag op koue dae die skoolsweetpakbaadjie bo-oor vrydaghempie aantrek.
Seuns en Dogters
Vrydaghempie, blou denimbroek.
- Die denim – lang of kort denim. Die denim mag nie geskeur of vol vlekke wees nie. Kort denim moet knie-hoogte wees.
- Sokkies – Wit, navy blou of bottelgroen. Die sokkies mag nie meer as twee van die kleure bevat nie. ‘Secret socks’ mag gedra word.
- Skoene –
Tekkies – Wit , swart, blou, bottelgroen. Die tekkies moet nie meer as twee van die kleure bevat nie. Enige van die kleure mag oorheersend wees.
Vellies – Vellies mag gedra word saam met die denim – Slegs bruin vellies mag gedra word saam met Vrydaghempie.
Leiers
- Die leiers moet ‘n langdenim saam die leierbaadjie aantrek.
MBK -drag (Vanaf graad 1 tot 7)
Seuns
Vrydaghempie, MBK-broek en tekkies word toegelaat op die dag wat MBK aangebied word. Geen ski-pants of ander kleur broeke word saam vrydaghempie aangetrek nie. In die winter en koue dae mag leerders skoolsweetpakke aantrek vir MBK.