Spreekure
Geen ouer/voog mag voor skool, na skool of tydens skoolure daarop aandring om ‘n onderwyser te spreek nie. Moet asseblief ook nie sommer net direk na ‘n onderwyser se klas toe stap nie.
Skakel asseblief die administratiewe kantoor en laat ‘n boodskap. Die betrokke personeellid sal u terugskakel en met u ‘n afspraak reёl.