Terapeute
Noordskool het twee opvoedkundige sielkundiges waarvan een ‘n kliniese sielkundige is. Leerders met leerprobleme word na hulle verwys. Hulle evalueer die leerders by die skool, lewer verslag en verleen hulp en raad aan onderwysers en ouers om leerders te help. Indien nodig word leerders verder verwys na ‘n neuroloog vir evaluasie en verslag word aan die skool gedoen. Indien nodig ontvang die leerder medikasie soos deur hom voorgeskryf en personeel lewer kwartaalliks verslag aan hom.
Ons skool beskik ook oor ‘n Arbeidsterapeut wat leerders help met probleme. Personeel ontvang verslae van haar en hoe leerders gehelp kan word.